LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Fynbos Garden Suite | LekkeSlaap
+18

Fynbos Garden Suite

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bosboklaan 10, Hoekwil, George, 5638, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die Fynbos Garden Suite is 'n lieflike, rustige wegbreekplekkie in Hoekwil, sowat 10 km van die N2 af en 14 km van Wildernis af. Die suite is ideaal vir diegene wat op soek is na rus en vrede en die klank van voëls en paddas, of vir diegene wat gemaklike, stylvolle verblyf soek terwyl hulle die omliggende area verken.

Die oopplan-suite beskik oor 'n sitarea, slaaparea en 'n kombuisie. Daar is 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank wat ideaal is vir 2 jong kinders, asook 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n oond, yskas en 'n mikrogolfoond. Die suite beskik oor 'n TV met alle DStv-kanale, WiFi en 'n oop kaggel vir die koue winteraande.

Gaste kan gerus die braai-patio en swembad gebruik. Die suite is heeltemal apart van die hoofhuis en het sy eie ingang.

Die omgewing bied verskeie doendinge en gaste kan swem, valskermsweef, voetslaan, voëlkyk, kano-vaarte onderneem, fietsry, perdry en gholf speel in die omgewing. Daar is verskeie restaurante in Wildernis en die suite bied die ideale beginpunt vir 'n behoorlike verkenning van Tuinroete met maklike toegang tot Knysna, Plettenbergbaai, Mosselbaai, Oudtshoorn, die Kango-grotte en die Swartbergpas. Die suite is op 'n 7 hektaar-eiendom, oorgetrek met fynbos en bergagtige woud geleë en bied pragtige berg-uitsigte, asook 'n lieflike staproete na die Touwsrivier.

Slaapplek

’n Bespreking by Fynbos Garden Suite sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 13 resensies vir Fynbos Garden Suite
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Bosboklaan 10, Hoekwil, George, 5638, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fynbos Garden Suite het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bosboklaan 10, Hoekwil, George, 5638, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2ZmY0NDgyLTUzZTAtNDQ5MS04Y2Y4LWMwMWZkNGNkZDBlNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 10 Bosbok Avenue Hoekwil 5638 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.965252445751 22.604477405548
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!