Fynbos Holiday House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fynbos Holiday House is in Kleinmond geleë en bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige vakansie-bestemming. Dit is naby Kaapstad, verskeie winkels, restaurante en die strand.

Die ruim dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderarea, en het slaapplek vir 8 gaste.

Die grondvloer beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed.

In die solder is daar 4 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 balkonne vanwaar gaste die uitsig kan waardeer.

Die kombuis is toegerus met alles wat gaste nodig sal hê vir 'n sorgelose selfsorgwegbreek en sluit 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei in.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv.

Die huis spog ook met 'n binnebraai waar gaste saam etes kan voorberei.

Die perseel het 'n afstandbeheerde dubbelmotorhuis vir veilige parkeerplek, sowel as 'n omheinde buite-area waar kinders lekker kan speel.

Die huis is sowat 500 m van die voetslaanroetes en see af, en 1 km van die hoofswemstrand en winkelsentrum af.

Slaapplek

'n Bespreking by Fynbos Holiday House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fynbos Holiday House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za