10 gaste
5 slaapkamers
6 beds
4 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - 26 Gainsford Place, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Gainsford Place 26 is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die rustige woonbuurt La Lucia. Dit is ideaal vir 'n vakansie by die see saam met familie en vriende.
Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en bestaan uit 'n hoofhuis en 'n aparte kothuis. Die hoofhuis beskik oor 4 slaapkamers en die kothuis beskik oor 'n vyfde slaapkamer. Drie van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Twee van hierdie slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en die ander badkamer is 'n volledige gesinsbadkamer wat gedeel word. Die kothuis se slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad.
Die hoofleefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, elektriese tweeplaatstoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n ontbythoekie met lugversorging en 'n etenstafel met genoeg sitplek. Langs die eetarea is daar 'n sitarea en 'n kroeg met stoele. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die kothuis het ook sy eie sitarea en kombuis. Buite is daar 'n groot stoep met sitplek, 'n ingeboude braai en 'n swembad.
La Lucia se ongerepte strande is net 'n entjie se ry ver en bied akwiteite soos snorkel, duik, branderplankry en swem in die warm Indiese Oseaan. Die nabygeleë La Lucia Mall het 'n rits winkels, restaurante, teaters en 'n gimnasium.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 793
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 26 Gainsford Place, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Gainsford Place 26 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
26 Gainsford Place, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang