LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Galeryhuis | LekkeSlaap
+17

Galeryhuis

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Galeryhuis is 'n ultra-moderne, minimalistiese huis in die rustige kusdorpie Jongensfontein en bied gerieflike vakansieverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Daar is gas- en houtskool-braaigeriewe.

Dié dubbelverdiepinghuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer vorm deel van die sitarea en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot WiFi.

Die kombuis is toegerus vir kommerlose selfsorgverblyf. Daar is 'n groot yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, elektriese stoof en oond, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het 'n gemaklike L-vormige rusbank en 'n TV met volledige DStv Premium asook multimedia-koppelpunte. Die huis het 'n voor- en agterstoep met 'n gasbraai waar gaste saam etes kan voorberei en oor die dorp en see kan uitkyk.

Die sonnige vertrekke in die huis spog met see-uitsigte en ons is lekker na aan die naaste strand. Daar is pragtige kunswerke van Suid-Afrikaanse kunstenaars teen die mure. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Voor en na elke besoek word die huis ten volle skoongemaak deur 'n span skoonmakers. Sodoende verseker ons dat gaste in 'n skoon, vars huis instap en 'n welverdiende ruskansie kan neem van die alledaagse gejaag.

Let asb. dat gaste nie op Saterdae en Sondae kan inklok nie en dat skoonmaakdienste nie op hierdie dae beskikbaar is nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Galeryhuis sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 13 resensies vir Galeryhuis
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Galeryhuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmRHRzhKbf2tcgCmzPyYN89EzcYwVRL0gAYI69Q0P4pLhekxmSy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 41 Voelklip Avenue Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.422857 21.344274
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!