Galil Farm Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Galil Farm Cottage is op 'n werkende plaas geleë, minder as 10 km buite Machadodorp en slegs 3 km van die N4 af. Die kothuis is reg teen 'n foreldam en bied uitstekende uitsigte oor die dam en op die omliggende berge.

Daar is slaapplek vir 5 gaste in 2 kamers, en die leefarea. Daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer, 2 enkelbeddens in die tweede kamer en 'n slaapbank vir 'n vyfde persoon in die leefarea. Daar is 2 badkamers beskikbaar.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die leefarea is oopplan en bestaan uit die sitarea met 'n kaggel en eetarea. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale beskikbaar. Buite is daar 'n dek met sitplek en braaigeriewe.

Avonturiers kan enige van die lieflike staproetes in die omgewing gaan doen of selfs bietjie die berg uitklim om die oorblyfsels van die Bokoni-stam se sirkels te gaan besigtig. Gaste kan vars plaaseiers koop vir ontbyt. Galil Farm is net 30 minute se ry van Dullstroom af en gaste kan die winkels gaan verken of 'n lieflike middagete by enige van die vele restaurante gaan geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Galil Farm Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Galil Farm Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za