Ganora Guest Farm & Excursions

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ervaar ware Karoo-gasvryheid wanneer jy Ganora, 'n werkende skaapplaas sowat 7 km vanaf die wêreldbekende dorpie Nieu Bethesda en 60 km vanaf Graaff-Reinet, besoek.

Ons bied gerieflike B&B- of selfsorgverblyf, ideaal vir gaste en groter groepe wat graag die omgewing op hul eie wil verken met die opsie om te ontspan in die rus en vrede wat die Groot Karoo bied.

Daar is begeleide toere na die San-kuns, fossielpraatjie in die privaat museum, fossieltoere en wandeling met medisinale plante. Kom ervaar die magiese Karoo-sonsondergange en eindelose oop ruimtes van die omgewing.

Ons het verskillende verblyf-opsies, waaronder ons Khoi San-selfsorgkothuis met 2 en suite-slaapkamers met 'n kinderkamer langs die hoofslaapkamer, en 'n leefkamer en 'n kombuis. Verder het ons 'n keur en suite-slaapkamers wat, soos die kothuis, eers as skaapkrale, of kool- en enjinkamers gebruik was. Hierdie kamers, met dik oneweredige klipmure bied uiters gerieflike verblyf met wonderlike landelike sjarme.

Ons het 'n swembad, 'n opgaardam en 'n plaasdam waar jy kan afkoel in die somer.

Maaltye is beskikbaar as jy dit sou verkies bo selfsorgverblyf. Ná aandete het jy voorreg om een van die land se beste sterrehemels in te drink. Ontbyt is beskikbaar in die B&B-kamers.

Vir die avonturiers is daar bergfiets- en staproetes, swem in die rivierpoele, voëlkyk of klim Kompasberg (2502 m). Verder kan jy Nieu-Bethesda verken, Helen Martins se befaamde Uilhuis en Camel Yard kan besoek, geniet koffie en kunsvlyt in een van die winkeltjies of gaan op 'n donkiekar-toer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ganora Guest Farm & Excursions gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za