Gansbaai Lodge and Backpackers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gansbaai Lodge & Backpackers is in Gansbaai geleë en spog met 'n luisterryke uitsig oor die ou hawe en die see. Dit is ook stapafstand vanaf al die winkels en die kroeë.

Gansbaai Lodge & Backpackers bied puik verblyf vir studente, rugsakreisigers en onafhanklike reisigers wat op soek is na 'n geskikte jeugherberg. Die kamers is ruim en is nie oorbeset nie.

Die gesinslaapkamer is toegerus met 'n volledige en suite-badkamer, 'n ekstra-groot dubbelbed en 2 stapelbeddens. Elke slaapsaal het plek vir 4 gaste en daar is ook ateljee-suites met kombuisies, TV's en badkamers. Al die kamers het groot kaste en 'n skoonmaakdiens is ingesluit.

Gansbaai Lodge & Backpackers nooi besoekers uit om te ontspan, Kaapse gasvryheid te beleef en al die besienswaardighede in die omgewing te besoek. Doendinge in die omgewing: haaihokduik, vryval ("skydiving"), walviskyk, skuba-kursusse, toere na brouerye, kaas- en wynproe, staproetes na grotte en see-kajakvaarte. Ons bespreek graag enige van hierdie doendinge namens jou!

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gansbaai Lodge And Backpackers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R430 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]