Gap Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gap Lodge is weggesteek teen die hellings van Tafelberg, in Tamboerskloof. Dit is halfpad tussen die Kaapse middestad en die majestueuse Tafelberg. Ons is binne maklike stapafstand vanaf die modieuse en lewendige Kloof- en Langstraat, met hul verskeidenheid winkels en restaurante.

Ons bied 3 gemaklike en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer is individueel versier met 'n en suite-badkamer, lugversorging, digitale kluis, 'n haardroër en 'n TV met M-Net. Alle linne is 100% katoen-perkallinne.

Gaste kan die dek geniet en kyk hoe die eekhorinkies in die bome rinkink. Die lodge spog ook met fantastiese uitsigte oor Tafelberg en die luisterryke, groen omgewing.

Die V&A Waterfront, die middestad, KIKS en die pragtige Clifton- en Kampsbaai-strande is alles 5-10 minute se ry van ons af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gap Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za