Garden Route Lekkerte Le Vallia
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carnationstraat 3, Levallia, George, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Garden Route Lekkerte Le Vallia is 'n bekoorlike kliphuis en bied selfsorg-akkommodasie aan gaste wat George besoek. 'n Winkelsentrum, gholfbane en veilige swemstrande is net 'n entjie se ry van die huis af.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 6 gaste en 3 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer is en suite en het 'n bad, en die tweede badkamer is apart.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, 'n ketel en kooktoebehore. Verdere geriewe sluit 'n braai-area, 'n TV met DStv, kaggel, skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en veilige parkeerplek in. Daar is 'n ingeboude braai-area in die motorhuis, 'n onderdak-kuierarea voor die motorhuis en die huis is beveilig met 'n alarmstelsel en afstandbeheermotorhek. Die eenheid bied 'n uitsig op die Outeniekwaberge.
Let wel dat die eiendom 300 m van die informele nedersetting, Protea Park, af geleë is.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Tuinroete Botaniese Tuin, George se gholfklub, Heroldsbaai, Victoriabaai, Garden Route Mall en talle wynplase in.
Slaapplek
’n Bespreking by Garden Route Lekkerte Le Vallia sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Hier praat ons
- Afrikaans
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Carnationstraat 3, Levallia, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Garden Route Lekkerte Le Vallia het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carnationstraat 3, Levallia, George, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom