Gardens Centre Holiday Apartments
Beskrywing
Gardens Centre Holiday Apartments is in Kaapstad se woelige stadskern geleë en bied toegang tot al die vernaamste besienswaardighede wat van hierdie stad 'n wêreldbekende wonder maak.
Dié bekostigbare selfsorg-ateljees is gerieflike bo die die Gardens winkelsentrum geleë en bied maklike toegang tot winkels en restaurante in die area.
Die woonstel het 'n uitsig oor die stad of op die berg. Maak nie saak uit watter venster gaste kyk nie, hulle sal 'n permanente skilderagtige uitsig hê. Die ateljeewoonstelle het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n ten volle toegeruste kombuis, eetarea met 'n eetkamertafel en stoele en 'n sitarea met 'n TV. Daar is ook 'n privaat badkamer met 'n stort-oor-bad.
Daar is verskeie geriewe op die perseel soos 'n wasgoeddiens, rolstoelvriendelike toegang en veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit. Die ateljeewoonstelle word 6 dae per week skoongemaak.
Die nabygeleë besienswaardighede sluit in: Tafelberg, Kampsbaai, Clifton, Kaapstad-stadion, Parlementgeboue, Kloofstraat, Langstraat en Breestraat. Die woonstel is ook naby verskeie supermarkte, apteke, restaurante, banke en klerewinkels.
Kenmerke
- Afrikaans
- Rolstoelvriendelik
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Satelliet-TV
- Rolstoelvriendelik
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Gardens Centre Holiday Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |