Gaya's Garden
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boundaryweg 26, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Gaya's Garden bied gerieflike verblyf in 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel. Die eiendom is in Gordonsbaai aan die bergkant en bied 'n uitsig op die Helderberge, 'n kort entjie se ry vanaf die hoofstrand.
Die woonstel is geskik vir 2 volwassenes en 'n kleuter. Die kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n bed vir 'n kleuter en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Die leefarea het 'n toegeruste oopplan-kombuisie, -eetarea en -sitarea met WiFi en 'n slim-TV met Netflix. Daar is 'n gemaklike kantoorhoekie met 'n lessenaar. Die kombuisie is vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus.
Gaya's Garden is 'n troeteldier se paradys met 'n omheinde tuin en speelarea. Troeteldierverblyf kan ook met die eienaar gereël word.
Die woonstel het 'n privaat ingang en 'n pragtige inheemse tuin met 'n uitsig op die Helderberge. Daar is veilige parkeerplek op die perseel agter afstandbeheerhekke. Die eiendom is veilig en verbind aan Gordonsbaai se gewapende reaksie.
Aktiwiteite in die area sluit visvang, fietsry, wynproe, bergfietsry, stap en swem in. Geriewe in die area sluit Gordonsbaai se winkelsentrum, verskeie inkopiesentrums, interessante kuriowinkels, en restaurante in Strandstraat en die ou hawe in.
Slaapplek
’n Bespreking by Gaya's Garden sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Boundaryweg 26, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boundaryweg 26, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom