Geelstert 9

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie bekoorlike selfsorghuis is stapafstand van die strand af in Struisbaai geleë. Dit is die ideale verblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde kamers het altwee 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak, toilet en wasmasjien.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, stoof, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n gerieflike sitkamer met 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en die eetarea het 'n tafel met sitplek vir 6 en 'n ingeboude braai. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam. Buite is 'n groot omheinde tuin met braaigeriewe.

Struisbaai het 'n bekoorlike klein hawe waar vissers- en ski-bote tydens die besige vakansie kan vasmeer. Gaste kan by die hawe gaan stap en kyk hoe die tradisionele vissermanne hul vangs huis toe bring ? 'n mens kan selfs net daar vars vis koop.

Slaapplek

'n Bespreking by Geelstert 9 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Geelstert 9 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za