Kalahari Akkommodasie by Geluksdam Guest House | LekkeSlaap
+45
+45

Geluksdam Guest House

21 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 33 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 van Riebeeck Straat (N14), Olifantshoek, 8450, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Geluksdam Gastehuis is strategies geleë op die N14 in die Noord-Kaap (Olifantshoek). Dié kenmerkende gastehuis met sy tipiese Suid-Afrikaanse argitektuur bied 14 private eenhede op 'n B&B-basis. Dit is die ideale oornagplek op die hoofroete tussen Gauteng en die Namakwaland, die Kgalagadi Oorgrenspark en Namibië.

Geluksdam bied 'n uitsonderlike huis weg van die huis vir mense wat dienste aan die Noord-Kaap se mynindustrie lewer.

Die Kalahari is bekend vir sy gasvryheid. Ons nooi jou uit om by ons te kom oornag, en om ons fasiliteite, ontbyte, middag- en aandetes te geniet. Jy kan in enige van die onthaal-areas sosialiseer. Hierdie areas sluit die sitkamer, eetkamer en kroeg in.

Ons is 24 uur oop. Ons geriewe is ontwerp met jou behoeftes in gedagte en sluit 2 volledige selfsorg-eenhede elk met 2 slaapkamers in. Elke eenheid het sy eie braaiplek. Ons het ook 4 volledige selfsorg-eenhede met 1 slaapkamer elk, en 8 uniek ontwerpte gesinskamers. Daar is veilige parkeerplek voor jou voordeur.

'n Slaapbank of opvoubed kan by sommige eenhede vir groter gesinne of groepe beskikbaar gestel word.

Op aanvraag kan 'n ontbytpakkie in plaas van 'n gewone ontbyt gemaak word. Die ontbytpakkie kan ook addisioneel teen 'n ekstra koste gemaak word. Middagetes, aandetes, peuselhappies en drankies kan teen 'n redelike bedrag voorsien word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 21 resensies vir Geluksdam Guest House
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • 4 van Riebeeck Straat (N14), Olifantshoek, 8450, Noord-Kaap
  • Gaste dink Geluksdam Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)

Sien meer verblyf in

Kalahari Noord-Kaap
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 33 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 van Riebeeck Straat (N14), Olifantshoek, 8450, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMZyUf3GJtyPQKxDuUinYfozfnYzTeMtqrptk7XpSVeeXvlVZAi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 4 van Riebeeck Street (N14) Olifantshoek 8450 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -27.948615780104 22.736206054688
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za