Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gem Bateleur Private Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lodge 260, Rotsvy-rylaan, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 900 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Die GeM Bateleur is 'n eksklusiewe lodge met 10-beddens en selfsorg-geriewe in die hartjie van Hoedspruit, by die Hoedspruit Wildlife Estate, een van Suid-Afrika se bekende bosveldgebiede. Die grootsheid van die Afrika-bosveld en sy betowerende atmosfeer omvou die GeM Lodge en dit is die perfekte basis vanwaar die lewe in die bos verken kan word.

Alle kamers is ruim en elegant ingerig met lugversorging. Die lodge bestaan uit die volgende: 4 dubbelslaapkamers (met 2 enkelbeddens), 4 badkamers, 'n buite-stort en 'n buite-solderkamer, met muskietnette beskerm, en 2 enkelbeddens met 'n buitestort wat jou 'n unieke wakker-word sal laat ervaar.

Die hoofgedeelte van die lodge bestaan uit 'n volledige kombuis, eetkamer en sitkamer met digitale satelliet-TV. Die oopplan-uitleg verseker 'n heerlike, gesellige leefarea. Die hoof-leefarea lei na 'n stoep wat ideaal is om 'n gul maaltyd buite te geniet, of ook om jou oggendkoffie met sonsopkoms te geniet.

Die braai-area buite saam met die swembad vorm die hart van die lodge en beloof om 'n onvergeetlike indruk op jou te laat. Die sonderlinge swembad is perfek om op 'n tipies snikhete bosvelddag af te koel. Op die eiendom sal jy 'n wegkruipplek vind wat 'n veilige uitsig oor die watergat bied en waarvandaan jy 'n uitsig oor die diere in hul natuurlike lewenswyse kan kry. 'n Hele aantal ander geriewe is ook nog beskikbaar.

Daar is 'n hele aantal wild in die Hoedspruit Wildlife Estate te sien. Daar is onder meer vlakvarke en rooibokke wat gereeld by die lodge kom kuier. Die vele watergate bied ook aan gaste die geleentheid om wild en voëls te sien. Daar is meer as 400 voëlspesies wat op die landgoed gesien kan word. Doen gerus navraag oor die gids wat gaste kan begelei op wild- en voëlkyktoere.

Hoedspruit spog met 'n groot aantal wildreservate, safari-ritte, voël-kyk roetes en nog baie meer besienswaardighede. 'n Paar van hulle is die Kapama-wildreservaat, die Timbavati Privaat Wildreservaat, en voëlkykroetes wat vanaf die Krugerwildtuin tot by die klowe strek. Die Krugerwildtuin, Afrika se grootste wildreservaat, is slegs 100 km van Hoedspruit af geleë.

Slaapplek

’n Bespreking by Gem Bateleur Private Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Hier praat ons

  • Engels

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 7 resensies vir Gem Bateleur Private Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Lodge 260, Rotsvy-rylaan, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Gem Bateleur Private Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R7 900
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R7 900
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lodge 260, Rotsvy-rylaan, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcf7912461327914940e1cf1414d6040e5225910b583a44fea954588502f121450daca73a11105c515083dbf3fd2ef50714bb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 900 per nag, vir 10 mense 7 5 1 5 Lodge 260, Rotsvy Drive Hoedspruit Wildlife Estate 1380 Limpopo 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -24.340997096644 30.987313985825