Gemsbok 4X4 en Kampterrein

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gemsbokfontein is ideaal vir 'n groep vriende of familie wat lief is vir die natuur en wil wegbreek van die besige alledaagse lewe. Kom verken die tipiese Karoo-natuurskoon van naby as jy in die veld gaan stap, bergklim of 4x4 ry. Ontspan onder die skitterende sterre as jy saans om die kampvuur kuier.

Gemsbokfontein is in die Moordenaarskaroo geleë. Dié streek met sy unieke topografie en plantegroei is noord van Laingsburg en suid van Sutherland, ongeveer 200 kilometer van die Hugenote Tolhek af geleë. Die pad na die kampeerterrein en ander paaie in die berge kan met met 'n 4x4 bereik word.

Die kampeerterrein het plek vir 10 voertuie. Daar is 2 spoeltoilette en braai-areas. Die kamp is omring deur berge en is in 'n diep kloof tussen die Roggeveldberge geleë.

Neem kennis: Ons stel voor jy dra skoene snags en gedurende die dag wanneer jy uit die kamp uit beweeg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gemsbok 4X4 En Kampterrein gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R250 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za