Glen Avon Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Glen Avon-plaas is 'n pragtige, historiese plaas, aan die voet van die Boschberge, net 12 km vanaf Somerset-Oos, wat al vir 7 generasies in die familie is. Verblyf word gebied in kothuise wat slaapplek het vir 2, 5 of 6 gaste. Die kothuise is in 'n welige en rustige omgewing geleë wat 'n mens aan vervloë dae herinner.

Dié plaas is perfek vir 'n gesinswegbreek aangesien kinders hier aangemoedig word om deel te neem aan die daaglikse plaasaktiwiteite soos diere melk en waghou oor skape en bokke. Die plaasdamme is vol forel en baars vir vlieghengel.

Staproetes van wisselende lengtes is op die Glen Avon-plaas uitgelê. Vir diegene wat graag voëlkyk, is daar meer as 250 spesies en verskeie skaars voëls. Daar is ook verskillende bergfietsry-roetes op die plaas. Die historiese geboue, soos die watermeule, skeerskuur en die plaasopstalle vertel die storie van die taai Skotse voorvaders.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Glen Avon Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za