Glenvista Executive Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Glenvista is in 'n luukse woonbuurt geleë en bied verblyf vir die oordeelkundige vakansieganger of sakereisiger. Dis in die suide van Johannesburg geleë en die beeldskone eiendom is slegs 5 minute van die N12/Kliprivier-afrit en maklik bereikbaar, maar tog afgesonder genoeg dat dit sal voel of jy in die bos is.

Die perseel bied 'n gimnasium, 'n swembad en drie afgesonderde braai-areas in die tuin, 'n pooltafel en veerpyltjiebord.

Daar is 'n paar groot winkelsentrums na aan die huis insluitend The Glen, Glenvista Shopping Centre en Columbine Shopping Centre en die nuwe Mall of the South. Verder is daar ook twee staproetes, 'n gholfbaan, 'n spa en verskeie restaurante in die nabye omgewing. Daar is 'n Virgin Active net om die draai en tydens naweke is daar altyd ten minste een aktiewe markie om te besoek. Die Turffontein Renbaan en Gold Reef City is slegs 10 minute van ons af, indien jy op soek is na vermaak.

Die omgewing bied natuurlike wildlewe wat in die omliggende rots- en doringbosse leef. Meerkatte, tarentale en dassies word dikwels in baie tuine gewaar. Die bome en natuurlike omgewing lok 'n wye verskeidenheid voëllewe insluitende kwêvoëls, houtkappers, muisvoëls, Kaapse glasogie, paradysvlieëvangers en vele meer. Die eiendom bied 'n uitsig oor die Klipriviersberg Natuurreservaat, wat 'n tuiste is vir meer as 600 plant- en 150 voëlspesies. Sebras, rooihartebeeste, swartwildebeeste, blesbokke, duikers, springbokke en bergrietbokke wei vryelik in die reservaat. Die natuurreservaat bied ook ses wandelroetes, met uitsigte oor die koppies en grasland. Daar is 'n voëlvoertafel wat 'n wye verskeidenheid van die plaaslike voëls nader lok.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Glenvista Executive Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za