Goblin's Creek
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Concorde-rylaan 1, Stompneusbaai, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Goblin's Creek is in die stil en welbekende visserdorpie St. Helenabaai geleë. Dit is net 'n hanetreejie vanaf Shelley Punt, die Goue Myl, en Brittaniabaai, en net 2 minute se stap van die strand af en 'n 20 km vanaf Paternoster.
Soos gaste die gemeenskaplike leefarea binnekom, word hulle deur groot, gemaklike rusbanke verwelkom. Dié rusbanke nooi jou uit om agteroor te sit en 'n glasie likeur voor die kaggelvuur in die winter te geniet. In die somer is dit ewe aanloklik, lig en lugtig, met Franse deure wat na die groot stoep en tuin lei. Naby die huis, in die pragtige tuin, is daar 2 swembaddens om in af te koel. Gaste is ook welkom om 'n glasie wyn na die beskutte boomdek te neem waar daar 'n uitsig oor die see is.
Die ruim gemeenskaplike oopplankombuis is goed toegerus. 'n Komplimentêre selfhelp-ontbyt word voorsien en bestaan uit tee, koffie en ontbytgraan. Speletjies en boeke is beskikbaar.
Goblin's Creek spog met 2 helder en lugtige tuinkamers en 4 slaapkamers in die hoofhuis.
Die tuinkamers is in die agtertuin van Goblin's Creek geleë en word via die hoofhuis bereik. Elke kamer het 'n privaat stoep met 'n houtvuur-warmbad en 'n uitsig oor die tuin, lugversorging, 'n yskassie en 'n koffiemasjien. Hierdie kamers het koninggrootte-beddens wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie 2 kamers is die enigste kamers by Goblin's Creek wat 'n TV met Netflix het. Gaste het toegang tot die volledig toegeruste, gemeenskaplike kombuis by die hoofhuis en alle ander geriewe.
Elkeen van die 4 kamers in die hoofhuis het groot hemelbeddens met vere-duvets, wit perkallinne en 'n kaggel. Elke kamer het ook 'n oopplan-badkamer met pootjiesbaddens. Gaste het ook toegang tot 'n privaat stoep, waarvan sommige houtvuur-warbaddens het.
Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel en die groot tuin het genoeg ruimte vir alle gaste om behoorlik te kan ontspan. Die knus braaikamer is met visvangtoerusting en -nette versier en dit is die perfekte plek om die dag af te sluit.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Concorde-rylaan 1, Stompneusbaai, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Gaste dink Goblin's Creek het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Stompneus Bay St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Concorde-rylaan 1, Stompneusbaai, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14