Uvongo Akkommodasie by Golden Moon 9 | LekkeSlaap
+30

Golden Moon 9

Selfsorg
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Marine- en Ostenrylaan , Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Golden Moon 9 is 'n selfsorgwoonstel op die derde verdieping in 'n sekuriteitskompleks in Uvongo, slegs 400 m van die see af en 800 m vanaf Uvongo se hoofstrand. Die kompleks is halfpad tussen Margate en Shelly Beach. Daar is ook winkelsentrums en ander geriewe naby.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 ruim slaapkamers, 1 badkamer en 'n addisionele gastetoilet, 'n kombuis en oopplan-sitarea en -eetarea. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n stapelbed. Die volledige badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, ketel, broodrooster en mikrogolf. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig.

Daar is 'n gemeenskaplike braai-area in die kompleks en veilige parkeerplek vir 2 voertuie.

Slaapplek

’n Bespreking by Golden Moon 9 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Hoek van Marine- en Ostenrylaan , Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 6)
Vanaf R700
per nag (plek vir 6)
Vanaf R700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Marine- en Ostenrylaan , Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWAdrnmfneGSDiXxHDlEz9F9BOyTyankgLOjP6tnbD0MhZ9cbCN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 6) Corner of Marine and Ostend Drive Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.829814523924 30.396006280781
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za