Little Brak Akkommodasie by Golly's Blessing | LekkeSlaap
+13

Golly's Blessing

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louis Fourie-weg 34, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Golly's Blessing is 'n ruim selfsorghuis vir 10 gaste in Klein-Brakrivier, net 600 m van die hoofstrand af.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die ander kamers is op die onderste verdieping geleë. Daar is 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, bad en 'n stort in een van die slaapkamers. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n stort.

Die vierde slaapkamer het 'n stapelbed en die vyfde slaapkamer, wat apart van die hoofhuis is, het 'n dubbelbed. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. 'n Buitestort is ook beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien, en gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n induksiestoof, oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word. Let asb. op dat die huis van koopkrag gebruik maak. R30 word per dag voorsien en gaste sal self die krag moet aanvul indien nodig.

Gaste kan in die sitarea met 'n TV met DStv, 'n knus kaggel en WiFi ontspan. Daar is ook 'n binnebraai-area met 'n yskas-vrieskas en 'n gasbraai.

Die kombuis lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die swembad, en die binnebraai-area lei na die agtertuin waar daar 'n vuurput is. Daar is 'n tafeltennisblad, tafelsokkerblad, veerpyltjies en 2 fietse in die tandemmotorhuis. Die huis het 'n alarmstelsel en klein honde is welkom indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Golly's Blessing sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Ligging

  • Louis Fourie-weg 34, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louis Fourie-weg 34, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfde64053beed305c469e25fa1eba0d47dd3133098e3ab2bef6917d85da56e17c5b679e1499b1644cb14c883bdd44674ffffe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 10) 34 Louis Fourie Road Klein Brak River 6503 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.086780915941 22.151522606152
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za