Stanford Akkommodasie by Goodwill Mountain Farm | LekkeSlaap
+41

Goodwill Mountain Farm

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 648, Afdeling 6, Langs Stanford Hills Landgoed, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Goodwill Mountain Farm is reg langs die Kleinriviersberg met 'n pragtige uitsig oor die voorheuwels van die Stanfordvallei geleë, en bied 'n oorvloed inheemse fynbos, dennebos, wild, en rus en vrede waarin gaste hulle kan verlustig.

Die plaas is net 20 minute se ry van die see af. Hiér sal gaste oorgenoeg ruimte, natuurskoon en stilte hê, sodat hulle behoorlike kan afskakel. Gaan wandel in die natuur, luister na die voëls se getjirp, hou 'n oog oop vir die walvisse in die see, of skop bloot die skoene, skink 'n glasie plaaslike wyn en verkyk jou aan die sterrehemel.

Verblyf word in 'n selfsorgkothuis en 'n villa aangebied. Die kothuis is 'n opgeknapte werkershuisie tussen ou dennebome waar damhert soggens saam met die perde aan die groen gras by die reënwaterdam kom knibbel. Die stilte en rustigheid sal gaste heeltemal van die geroesemoes van die stad laat vergeet.

Die villa was tot onlangs 'n privaat huis en dit is opgeknap en weer versier om daardie gevoel te behou. Die villa skuil hoog in die berge waar die fynbos oeroud is en die suikerbekkies regeer. Hiér sal gaste heeltemal vergeet dat daar ander mense is, alhoewel dit net 7 minute se ry van die dorp af is.

Linne, handdoeke en kookgerei word in die kothuis en villa voorsien. Daar is privaat parkeerplek en braaigeriewe op die perseel, en 'n paar stompies vuurmaakhout word ook voorsien. Troeteldiere is welkom. Privaat joga-klasse en perdry-sessies kan voorsien word indien dit vooraf gereël word.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Deens
  • Frans
  • Sweeds

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 28 resensies vir Goodwill Mountain Farm
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Plaas 648, Afdeling 6, Langs Stanford Hills Landgoed, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Gaste dink Goodwill Mountain Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 648, Afdeling 6, Langs Stanford Hills Landgoed, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKNrdreXHuQdQCbD8n7bujrqB9Vfz1e40qSndQeRvf1EOyA1sBK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 6) 28 5 1 5 Farm 648, Portion 6 Next to Stanford Hills Estate 7210 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.421851 19.475654
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za