by Gordons Bay Sea Chalet | LekkeSlaap
+22

Gordons Bay Sea Chalet

Langtermynverblyf-aanbod

Kry 20% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossie-laan 30, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 R1 600 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Gordons Bay Sea Chalet in die kusdorp Gordonsbaai is lekker naby al die strande, winkels en restaurante.

Die chalet het slaapplek vir 7 gaste (5 volwassenes en 2 kinders) en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers op die boonste verdieping en 'n oopplan-kombuis en -leefarea op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 'n enkelbed en daar is 2 slaapbanke in die leefarea. Alle bedlinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitarea is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met volledige DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n sonkamer met gemaklike sitplek. Die sonkamer lei na 'n ruim stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Die stoep en sonkamer het albei uitsigte oor Valsbaai en op Tafelberg en Kaappunt in die verte.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar vir 2 motors. Die opsigter deel die perseel met die gaste, maar in 'n aparte eenheid onder die hoofeenheid. Die chalet het 'n alarmstelsel wat aan gewapende beheer gekoppel is.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Gordons Bay Sea Chalet sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbed vir 1
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 15 resensies vir Gordons Bay Sea Chalet
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Suikerbossie-laan 30, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gordons Bay Sea Chalet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R2 000 R1 600
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 000
R2 000 R1 600
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossie-laan 30, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAx4No35fR8P8N15mAFmvV5KPeZxHCRvijoggLWwFPJk7rjP0j46?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000, nou Vanaf R1 600  per nag (plek vir 7) 15 5 1 5 30 Suikerbossie Avenue Gordons Bay 7151 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.16736944353 18.858871321103
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem