Grasslands Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Graham en Claudine verwelkom jou by Grasslands Cottage in Wakkerstroom. Dié kothuis is binne stapafstand van die Wakkerstroom Vleilandreservaat. Dis ideaal vir vriende of gesinne wat nie omgee om 'n badkamer te deel nie. Ons maak net voorsiening vir 1 paartjie of 1 groep op 'n slag sodat ons gaste genoeg privaatheid het.

Ons bied 'n gerieflike Blue Guest Room met 'n koningingrootte-bed en 'n Yellow Room met 'n dubbelbed. Elektriese komberse word voorsien gedurende die koue maande. Die kamers het 'n gemeenskaplike badkamer wat tussen die twee kamers geleë is. 'n Stewige ontbyt word in die eetkamer bedien en 'n driegangmaaltyd vir aandete is beskikbaar op aanvraag. Sou jy besluit om eerder tuis te bly na aandete, kan jy gebruik maak van die kaggel in die leefarea en die DVD- en boekversameling. Daar is ook WiFi beskikbaar.

Wakkerstroom is in 'n pragtige vallei, 27 km van die dorp Volksrust af, dit is ook die begin van die Slagveldroete. Hierdie geskiedkundige dorp het 'n paar geskiedkundige monumente wat jy self kan verken en die voëlkykgeleenthede is legio. Gaste kan ontspan in die rustige omliggende omgewing. Die dorp is baie bekend vir sy vleilande en is geleë in 'n vallei van deinende heuwels en damme. Kom herlaai jou batterye!

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Grasslands Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za