Greeff Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Greeff Cottage beskik oor 2 selfsorgkothuise op 'n volstruis- en skaapplaas. Dit is net 8 km van Oudtshoorn af en die uitsig op die Swartberge is asemrowend.

Greeff Cottage het slaapplek vir 8 gaste in 2 aparte eenhede. Die groot gesinskothuis het slaapplek vir 5 gaste in 2 slaapkamers en daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -woonkamer, asook 'n speelkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Daar is 'n stort, wasbak, en toilet in die tweede badkamer. Handdoeke word voorsien en daar is plafonwaaiers.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met alles wat jy benodig. Ekstra vrieskasruimte is beskikbaar op versoek.
Die leefarea het lugversorging, 'n binnebraai, eetkamertafel, 'n TV met volledige DStv en 'n DVD-speler. Daar is 'n versameling kinder-DVD's, asook gratis WiFi.

Die kothuis is kindervriendelik en kinders van alle ouderdomme is welkom. Daar is speelgoed en boeke vir kinders en babas in die speelkamer. 'n Babastoel, badstoeltjie en bababed is beskikbaar op versoek. Daar is ook 'n waskamer met was- en strykgeriewe, maar geen wasmasjien nie.

Die tweede kleiner eenheid het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n oopplanleefarea met 'n kombuisie, etenstafel en 'n kaggel, sowel as 'n enkelbed vir 'n derde gas en lugversorging. Die slaapkamer het 'n plafonwaaier.

Buite die kothuise is daar 'n braai-area waar gaste lekker kan ontspan en die plaasatmosfeer kan geniet terwyl hulle braai. Braaihout en -gereedskap word voorsien. Op versoek kan gaste ook van ons braailapa en swembad gebruik maak.

Daar is oorgenoeg ruimte vir kinders om te speel en fiets te ry. Onderdakparkeerplek is beskikbaar. Ons is egter ongelukkig nie troeteldier- of rolstoelvriendelik nie. Rook word nie in die kothuis toegelaat nie.

Die omgewing is veral gewild onder fietsryers en daar is heelwat voetslaanpaaie op die plaas en in die omgewing. Onthou om jou fiets saam te bring. Die Klein-Karoo se natuurskoon lok talle fotograwe. Vra gerus vir 'n klein informele volstruistoer op die plaas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Greeff Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za