8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Boschfontein Farm 901, Lidgetton West, R103, Old Main Road, Lidgetton West, Howick, 3270, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Green Acres Country House is in die Midlands Meander en is 'n selfsorghuis waar skoonmaakdienste aangebied word. Dit is die ideale plek vir 'n gesin of 'n groep vriende wat 'n stil en rustige wegbreek soek.
Hierdie huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n TV met DStv en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak, toilet en aparte spa-bad. Twee van die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed, waarvan een 'n en suite-badkamer het met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in twee van die slaapkamers maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke slaapkamer het 'n dakwaaier en linne. Basiese toiletware is ook ingesluit.
Die kombuis is met 'n yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, gasstoof/oond en mikrogolfoond toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met DStv, YouTube en Netflix asook 'n Jetmaster-kaggel. Vuurmaakhout word voorsien. Die eetarea het 'n sessitplek-etenstafel sowel as 'n tweesitplek-eettafel. Die droë kroeg is toegerus met glase, 'n ysmaakmasjien, yskassie en 'n TV met DStv. Tee- en koffiemaakgeriewe, asook gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kan die tuin en gasbraaigeriewe sowel as 'n vuurput geniet. Vuurmaakhout word voorsien. Daar is 'n klein speelpark vir die kinders.
Green Acres Country House het sonkrag, gebruik gasgeisers en is ten volle onafhanklikg van die tradisionele kragnetwerk en ervaar dus nie beurtkrag nie. Die huis het ook sy eie boorgat met water wat veilig is om te drink.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Rounel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Boschfontein Farm 901, Lidgetton West, R103, Old Main Road, Lidgetton West, Howick, 3270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Green Acres Country House het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Boschfontein Farm 901, Lidgetton West, R103, Old Main Road, Lidgetton West, Howick, 3270, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang