Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Green Door Guest Cottage - Noorderstraat

  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noorderstraat 74, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Green Door Guest Cottage - Noorderstraat bied selfsorgverblyf in Parys aan. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie geriewe in die dorp.

Die akkommodasie by hierdie eiendom word in 'n kothuis en 'n aparte gaste-suite, wat deel uitmaak van die hoof-gastehuis, aangebied. Die kamer en die kothuis kan saam of apart bespreek word. Die kothuis is op 'n pypsteelerf geleë en die erf word gedeel. Albei eenhede het 'n privaat ingang en 'n oprit, en daar is 'n motorafdak vir 2 voertuie. Die kothuis is beveilig met 'n 3 meter hoë muur en dit maak ook dat die erf baie privaat is.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n badkamer oorkant die kamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die leefkamer is ruim en dit bevat 'n ekstra enkelbed vir 'n vyfde persoon. Daar is ook 'n TV en WiFi.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n aparte opwaskamer om van gebruik te maak. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien en so ook handdoeke, seep, sjampoe en 'n haardroër. Die kothuis het 'n voorstoep met sitplek en braaigeriewe vir gaste se gebruik. Die parkeer-area het sekuriteitskameras, asook laserstraal-sekuriteit by die motorhek.

Die gaste-suite is in die hoofhuis, maar dit het sy eie oulike en private sinkplaat-stoepie. Die suite bestaan uit 2 kamers wat 'n badkamer deel. Die hoofslaapkamer kan apart deur 2 volwassenes bespreek word, maar die tweede slaapkamer moet saam met die hoofkamer bespreek word omdat dit 'n badkamer deel. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, plattelandse antiekstukke, 'n yskassie, beperkte eetgerei en breekware, 'n tee- en koffiestasie en 'n TV met 'n volle DStv-pakket en Netflix. WiFi word voorsien. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, maar enkelbeddens kan vir 'n verblyftydperk van langer as 1 nag versoek word.. Die parkeer-area het sekuriteitskameras, asook laserstraal-sekuriteit by die motorhek.

Hierdie eiendom is naby Green Door Cottage (die een in Venusstraat en die een in Loopstraat) geleë wat ook deur dieselfde eienaar bestuur word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 36 resensies vir Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Milinda Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 62

Jaar gelys 7

Ligging

  • Noorderstraat 74, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Green Door Guest Cottage - Noorderstraat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noorderstraat 74, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd9fa74ac7a0438155d6c8c4286758a12820f37fd6dec397ec41d22b33bfb69e0e037bd4fa190794bbca32604597e57ad455c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 74 Noorder Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.912828 27.456488
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem