Green Meadows Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Green Meadows Farmhouse bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtig gemeubileerde, kontemporêre huis op 'n groot erf met lieflike uitsigte op die berge en oorgenoeg plek vir die kinders om rond te hardloop. Die huis is in Noordhoek, net 5 minute se ry van Noordhoek se lang strand af geleë.

Die erf spog met 'n hele klomp spesiale geriewe, van 'n klein sokkerveld en 'n groot klimraam vir die kinders, tot 2 vriendelike boepensvarkies wat oral rondloop. Gaste kan ook met 'n glasie wyn op die onderdakstoep by die vuur ontspan. Die huis beskik oor 4 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n kaggel, 'n instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. Elke kamer het sekuriteitshortjies voor die vensters.

Die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea met 'n hoë plafon en 'n groot kaggel, sowel as toegang tot 'n onderdakstoep met braaigeriewe en berg-uitsigte. Die huis het 'n etenstafel met sitplek vir 10 binne en 'n etenstafel met sitplek vir 10 buite. Die plaasstyl kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n wynyskas en 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien in. Die huis het ook 'n kantoor-area op die tussenvlakvloer bo die kombuis, sowel as 'n aparte musiekkamer met 'n klavier en kitare. Dié kamer is langs die leefarea geleë en kan as nog 'n slaapkamer ingespan word indien nodig.

Die buite-area bestaan uit 'n groot grasperk met 'n sandput en 'n Wendy-huis vir kinders. Vanaf die voorste grasperk kan gaste die uitsig op die berge en oor die perdekampe en groot organiese groentetuin geniet. Daar is 'n omheinde swembad wat ideaal is vir daardie warm somerdae. Die huis is veilig met 'n alarmstelsel. Daar is ook sekere DStv-kanale en WiFi. 'n Skoonmaakdiens is 3 keer per week beskikbaar en die tuin word gereeld onderhou.

Slaapplek

'n Bespreking by Green Meadows Farmhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Green Meadows Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 255 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za