Green Thumb Farm Stay

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 10 % af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 8 Apr 2019 tot 31 Des 2019.

Beskrywing

Green Thumb Farm Stay is op 'n werkende plaas net 17 km buite Ermelo geleë.

Die eerste eenheid het 3 slaapareas waarvan 1 'n solder is. Die hoofslaaparea het 'n dubbelbed, die oopplan-solder het 'n dubbelbed en die leefarea het 'n enkelbed. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet.

Die tweede eenheid het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet.

Elke eenheid het 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis wat beskik oor 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die huis het ook braaigeriewe.

Visvangentoesiaste kan gerus kom lyn natmaak in 1 van die 4 damme op die plaas. Gaste kan lank in die veld gaan stap of die voëllewe op die plaas bewonder.

Skoonmaakdienste kan gereël word vir langer verblyf en teen 'n addisionele koste.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Green Thumb Farm Stay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R700 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 8 Apr 2019 tot 31 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za