LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Greyton Lodge | LekkeSlaap
+21

Greyton Lodge

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af. Geldig vanaf 13 Feb 2020 tot 28 Feb 2039.

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 52 Main Pad, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 380 R1 104 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Greyton Lodge voorsien bed en ontbyt en is geleë in Greyton, 'n bekoorlike dorpie net 'n entjie van Roete 62 af in die Wes-Kaap. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike, stylvolle akkommodasie wat naby aan verskeie doendinge is.

Die akkommodasie by Greyton Lodge bestaan uit 16 slaapkamers wat almal en suite-badkamers het. Die kamers is ruim en elkeen is uniek ingerig. Elke kamer het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens, 'n koningingrootte-bed of koninggrootte-bed en die badkamers beskik oor 'n stort of 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die geriewe in hierdie kamers sluit in lugversorging en gratis WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, 'n telefoon en badhanddoeke. Sommige van die kamers geniet privaat toegang tot die tuine.

Gaste kan 'n smullekker Kontinentale ontbyt in die eetarea geniet en die lodge het ook 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n groot platskerm-TV met DStv, 'n kontantkroeg en 'n aparte biblioteek om te gaan verken. Greyton Lodge het ook 'n lieflike swembad waarin gaste kan afkoel gedurende die somer.

Vir die sakereisigers is die lodge ook ideaal. Ons maak voorsiening vir konferensies en funksies, dit sluit in 'n trou-venue, die eetarea het sitplek vir 40 mense en daar is oorgenoeg plek in die tuine vir meer as 100 afgevaardigdes.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie. Binne 'n paar minute se ry sal jy 'n hele rits doendinge en besienswaardighede aantref. Daar is historiese geboue, restaurante en kroeë, kunsmarkte, bergfietsroetes, 4x4-roetes, tennisbane, gholfbane en nog baie meer vir die avontuurlustiges.

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 33 resensies vir Greyton Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • 52 Main Pad, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Gaste dink Greyton Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 380
Vanaf R1 104
per nag (vir 2 persone)
was R1 380
Vanaf R1 104
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 52 Main Pad, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk2YzkyNDQwLTMxNGEtNDVjZi05NGVhLTYwMGY2ZTdmNWJjYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 380, nou Vanaf R1 104  per nag (vir 2 persone) 33 5 1 5 52 Main Road Greyton 7233 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -34.047452476762 19.611154943705
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!