Griet se Plek

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 16 % af

Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5 vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vanaf 18 Jul 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Griet se Plek is 'n bekoorlike vakansiehuis wat verblyf bied in 2 selfsorgwoonstelle. Dit is slegs 5 minute se ry van die strand af geleë.

Gaste kan kies of hulle op die eerste of tweede verdieping wil bly. Elke woonstel het 2 slaapkamers wat ingerig is met 'n dubbelbed in die een slaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander een. Linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n kombuis in albei woonstelle wat volledig toegerus is vir selfsorg met 'n stoof, oond en 'n yskas en gaste kan ontspan in die sitkamer voor die TV. DStv is beskikbaar, maar gaste moet asseblief hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Albei leef-areas bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe en 'n lieflike see-uitsig. Veilige parkeerplek word voorsien.

Griet se Plek is 'n kort entjie se ry van 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge. Gaste kan 'n potjie gholf geniet, skubaduik, diepsee-hengel, op Uvongo of St. Micael's-strand ontspan, asook verskeie restaurante, filmteaters en winkelsentrums besoek.

Griet se Plek is ook naby vele besienswaardighede, soos Oribi Gorge, Lake Eland, Waffle House, Mac Banana, Skoenlapper Dome en diere om kinders te vermaak. Ander doendinge sluit piesangplaastoere by Riverbend Plaas, die krokodil- en reptielplaas, diepsee-visvang en watersport by St Michaels Ski bootklub, koffieplaastoere by Beavers Creek by Port Edward, ongeveer 12 gholfbane, velddraf vanaf St Michael-strand elke Saterdag, Kwaqolo Grotte en veel meer om te verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Griet Se Plek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 R375 per nag (plek vir 5)

Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5 vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vanaf 18 Jul 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false