Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Griffons Bush Camp

Wildsplaas
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 2 Groothek, Bakkers-pas, Alma-weg, Thabazimbi-distrik, 0387, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 178 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Griffons Bush Camp skuil in 'n "amfiteater" hoog in die Waterberg.

Dié eksklusiewe, privaat boskamp bied 'n rustige wegbreekplekkie in die Marakele Nasionale Park. Let asseblief daarop dat dit nie 'n luukse wildlodge is nie.

Ons 4 chalets het grasdakke en die mure is gebou van klip uit die omgewing (van die chalets het houtdekke ook). Drie van die chalets het 2 of 3 enkelbeddens en een van die chalets het 1 koninggrootte-bed en 1 enkelbed. Elke chalet is vas aan 'n ablusiegerief met 'n stort, wasbak en toilet. Dié geriewe se mure is van houtpale gemaak en die oop ontwerp bied lieflike uitsigte op al die sterre in die hemelruim.(Besoekers wat nie so avontuurlustig is nie moet spesifiseer dat hulle die ablusiegeriewe met seildakke verkies.) Verder het elke chalet 'n verwarmer en 'n koffiestasie. Daar is 'n ten volle toegeruste gemeenskaplike kombuis met 'n yskas, gasstoof, kookgerei, eetgerei en breekware. Die eenhede word daagliks skoongemaak. Die nuwe gesinseenheid met slaapplek vir 4 het sy eie kombuisie.

Griffons Bush Camp staan in 'n vye- en haakdoringboombos en gaste word aangemoedig om by die begeleide staptogte aan te sluit (daar is verskeie roetes wat verskillende vaardigheisvlakke vereis). In die somer kan stappers heerlik afkoel in die bergstoompies en poele. Begeleide en selfry-wildritte in die Marakele Nasionale Park is ook beskikbaar ('n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte word aanbeveel vir van die paaie).

Voëlkykers sal bly wees om te hoor kransaasvoëls, boslaksmanne, withelmlaksmanne en heelwat ander spesies kom hier voor. Berghane, kaalwangvalke, en stomstertarende is ook al hier gewaar. Besoekers moet ook hulle oë oophou vir die bokke, bobbejane, apies, sivetkatte, hiënas en luiperds wat hier rondsluip.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 20 resensies vir Griffons Bush Camp
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Robert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Jaar gelys 7

Ligging

  • Portion 2 Groothek, Bakkers-pas, Alma-weg, Thabazimbi-distrik, 0387, Limpopo
  • Gaste dink Griffons Bush Camp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R1 178
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 178
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 2 Groothek, Bakkers-pas, Alma-weg, Thabazimbi-distrik, 0387, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY3NWQ2OTgxLTZjOTEtNDc0NC1iZGUzLTBmZWQ3OTIzNGNkNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 178 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Portion 2 Groothoek Bakkers Pass, Alma Rd 0387 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.480821446775 27.580232620239
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem