Strand Akkommodasie by Groenewald Accommodation Seaview Units | LekkeSlaap
+36

Groenewald Accommodation Seaview Units

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 17, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Groenewald Accommodation Seaview Units bestaan uit 3 privaat selfsorg-eenhede met see-uitsigte wat in die Ocean Breeze Hotel in die Strand geleë is.

Studio 216 het 'n koningingrootte-bed, 'n sitarea en kombuisie in 'n oopplan-opset. Die en suite-badkamer het 'n stort-oor-bad. Daar is 'n yskassie, mikrogolf en ketel in die kombuis. Die DStv-pakket sluit alle sport- en sekere fliekkanale en kykNET in.

Woonstel 315 het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is ook 'n sitkamermet 'n balkon wat 'n tafel en stoele het. Die balkon, sit- en slaapkamer bied see-uitsigte. Die kombuisie het 'n elektriese braaipan, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas. Daar is 'n tussendeur wat lei na 314 om nog 2 addisionele mense te akkommodeer. Kelderparkeerplek vir 1 motor is beskikbaar. DStv-pakket sluit sport, films en kykNET in.

Suite 314 het 'n slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n stort oor bad. Dit het slaapplek vir 2 mense in 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie, maar geen kombuis. Die deur in die een vertrek lei na eenheid 315 en daar is 'n privaat deur na die gang. Groot skuifvensters kan oopmaak om na die see te kyk en te luister. Die DStv-pakket sluit sport, films en kykNET in.

Daar is 'n restaurant op die grondvloer, asook 'n gedeelde swembad en die algemene ontvangsarea om vriende en familie te ontmoet. Die gebou het 'n hysbak. WiFi kan teen 'n ekstra koste by ontvangs verkry word.

Strand is 'n pragtige kusdorp aan die voet van die Hottentotshollandberge tussen Macassar en Gordonsbaai in die Wes-Kaap.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 93 resensies vir Groenewald Accommodation Seaview Units
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Kusweg 17, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Groenewald Accommodation Seaview Units het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 17, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNlNmM1NmZlLTBmODAtNGMzMC1iNjhkLTk1YjM3YzU4YjcwNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 2) 93 5 1 5 17 Beach Road Strand 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -34.126266875017 18.834745287895
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za