Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Groeneweide Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R43, Groeneweide-plaas, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 304 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Groeneweide Farm is 'n toevlugsoord wat ontspanning bied. Daar is plaas-tot-tafel-eetplekke, 'n tuinsentrum, kunsvlytwerksentrum, staproete, weeklikse parkrun, 'n speelgrond vir kinders, vrylopende plaasdiere en selfsorgverblyf. Hiér is 'n rustige atmosfeer, outentieke kos en 'n asemrowende uitsig oor die see en op die berge en gaste kan die magie van die plaas ervaar.

Hierdie verblyf is 2 km vanaf Franskraal en 7 km vanaf Gansbaai en verblyf word in 3 losstaande selfsorghuise met sonkrag en gratis WiFi gebied.

Blombos Selfsorghuis is in 'n rustige fynbosarea met 'n uitsig op die Franskraalberge, oor 'n natuurlike fonteindam en 'n see-uitsig in die verte geleë. Dié huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, 'n oopplan-leefarea met 'n volledig toegeruste kombuis en 'n onderdakstoep met braaigeriewe.

Lobelia Selfsorghuis skuil in 'n welige en rustige tuin met 'n berguitsig. Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, leefarea met 'n kaggel en 'n onderdakstoep met braaigeriewe.

Kiepersol Selfsorghuis is 'n moderne en minimalistiese huis met skoon, oop en liggevulde ruimtes met 'n groot stoep wat 'n privaat tuin het. Dié huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, 'n oopplan-leefarea met 'n volledig toegeruste kombuis en buitebraaigeriewe.

Besienswaardighede en aktiwiteite in die area sluit haaihokduik, swem, walviskyk, fietsry, voetslaan en visvang in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Rolstoelvriendelik
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Groeneweide Farm
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mathilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Jaar gelys 6

Ligging

  • R43, Groeneweide-plaas, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Groeneweide Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 304
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 304
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R43, Groeneweide-plaas, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd1d29d39da009a8c93c5da6b14085ae5079436ba19c88791293dd19aabad22fa79d13a0a7689ea15fd3db20805d042463252?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 304 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 R43 Groeneweide Farm, Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.590404590513 19.404291255086
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem