Grootfontein Nature Reserve
- Kapasiteit: 56 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Grootfontein Natuurreservaat is 'n bosveld-plaas van 1200 hektaar, 3 ure van Gauteng af in die pragtige Limpopo-provinsie, naby Thabazimbi, 'n eko-toerisme dorpie. Dié bedrywige familieplaas verwelkom alle buitelug-liefhebbers. Aangesien dit 'n eko-lodge is, is daar geen elektrisiteit nie. Gaste kan warm parrafien-aangedrewe storte geniet en daar is gasyskaste en sonkrag-aangedrewe ligte. Dit is regtig onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk.
Die reservaat bied ongekunstelde verblyf in 8 boslodges en 1 tentkamp wat elk uniek en ideaal vir kort- of langtermynverblyf is. Elke lodge het of 'n koninggrootte-bed of 'n dubbelbed. Die badkamers het storte. Elke kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook kampeerplek op die perseel.
Gaste sal rustigheid en ongereptheid hier vind. Die bosveld is die tuiste van 'n verskeidenheid voëls en boomspesies, en 'n wonderlike verskeidenheid diere. Aangesien die Groot 5 nie op die plaas voorkom nie, kan gaste gerus die omgewing te voet verken.
Buiten wildkyk bied die plaas ook geleenthede vir voetslaan, voëlkyk, 4x4-roetes, bergfietsry en tema-naweke vir bergfietsryers, fotograwe en kunsliefhebbers. Ons waarborg jou dat jy met goeie herinneringe hier sal vertrek en dat jou kuiertjie hier by ons onvergeetlik sal wees.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 23
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Gaste dink Grootfontein Nature Reserve het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 56 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo