LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Grootvadersbosch - Scolopia | LekkeSlaap
+19

Grootvadersbosch - Scolopia

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootvadersbosch Natuurreservaat, Heidelberg, 1441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 620 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Grootvadersbosch - Scolopia is 'n selfsorg-houthuis in die Grootvadersbosch Natuurreservaat. Hierdie reservaat het eers as Melkhoutskraal bekend gestaan en beslaan 250 hektaar se inheemse woud in die Langebergstreek naby Heidelberg. Scolopia is 500 m vanaf die reservaat se ingang, aan die rant van die inheemse woud en naby die beginpunt van die dagroete. Dit is na 'n inheemse peerboom vernoem.

Die natuurreservaat sluit 'n groot gedeelte woud in wat die meeste van die tipiese 35, Suid-Afrikaanse woudboomspesies bevat. Dit sluit geelhout, stinkhout, rooi-els en ysterhout in. Dié areas waarin eksotiese bome, soos kamfer-, bloekom-, Kaliforniese rooihout-, denne- en essebome tussen 1896 en 1913 geplant is, word tans ontbos om plek te maak vir die plant van inheemse spesies. Die reservaat is ook die tuiste van 2 spesies wat net in hierdie woud gevind word: 'n subspesie van die koningskoenlapper en van die spookpadda, asook 'n rits bokspesies, grysbokke, bobbejane en kleiner soogdiere. Luiperds word af en toe gesien. Hierdie area is 'n voëlkyk-entoesias se droom met 196 spesies wat al in die reservaat getel is, insluitend die skaars gestreepte vleikuiken, Layard's tjeriktik, fisant, swartarend en dwergarend, asook pragtige suikerbekkies. Die reservaat val in 'n sone wat histories wissel tussen winterreënval en reën reg deur die jaar en die plantegroei is hoofsaaklik bergfynbos met sowat 1200 plantspesies wat in die streek opgeteken is.

Scolopia het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, yskas, mikrogolf, ketel, breekware en eetgerei in. Die sitarea het 'n kaggel en daar is 'n dubbelslaapbank. Die leefarea lei na 'n dek met 'n piekniekbankie en 'n buitebraai in die skaduwee. 'n Braairooster word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by Grootvadersbosch - Scolopia sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Ligging

  • Grootvadersbosch Natuurreservaat, Heidelberg, 1441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf R1 620
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 620
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootvadersbosch Natuurreservaat, Heidelberg, 1441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac68e77c8018635b92e9836d766bef7813bd2ca53d148249a7da4a11673130d94e4b906cd7986a5176aa9069ebb120d26fba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 620  per nag (vir 6 persone) Grootvadersbosch Nature Reserve Heidelberg 1441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -33.985666666667 20.823527777778
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!