LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Guinea Corner | LekkeSlaap
+15

Guinea Corner

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-weg 127, Blue Hills, Midrand, 1685, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Guinea Corner skuil in die hartjie van Blue Hills in die Kyalami/Midrand-omgewing. Dié twee eenhede het wonderlike uitsigte oor die vallei en is gerieflik geleë halfpad tussen Pretoria en Sandton.

Ons het 2 semi-losstaande, volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Elke eenheid het 2 slaapkamers, 'n gedeelde badkamer en 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die slaapbank in die leefarea bied slaapplek aan 1 volwassene of 2 kinders jonger as 10 jaar. Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond met stoof, wasmasjien, ander toebehore, eetgerei en breekware.

Verder het elke eenheid ook 'n privaat ingang en 'n stoep met uitsigte oor die vallei. Vir ekstra gemoedsrus voorsien ons parkeerplek van die straat af. Troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word.

Guinea Corner is naby die hoofweë, winkelsentrums en verskeie restaurante. Dit is ook net 5 minute se ry vanaf Kyalami Business Park, 10 minute vanaf Kyalami Racetrack, Kyalami Equestrian Park, en Zwartkops Raceway, en 15 minute se ry van Midrand en Gallagher Estate af. En OR Tambo Internasionale Lughawe is net 30 km van hier af.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 7 resensies vir Guinea Corner
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Acacia-weg 127, Blue Hills, Midrand, 1685, Gauteng
  • Gaste dink Guinea Corner het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-weg 127, Blue Hills, Midrand, 1685, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJiZGY2YjE2LTIxYTMtNDU1ZS1hMTkxLTgxM2VmZGJlZWI0OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 127 Acacia Road Blue Hills 1685 Gauteng 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.966705555556 28.084719444444
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!