Guinevere Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié luukse selfsorghuis is in die Land van Waverenvallei in Tulbagh geleë. Ons ligging is ideaal vir 'n privaat groep wat saam in luukse gerief wil wegbreek. Die gastehuis spog met 360°-uitsigte oor die omliggende Tulbagh-vallei en -berge. Die huis is in die renosterveld en fynbos weggesteek en dis ongelooflike veilig en privaat. Hierdie kombinasie van natuurlike skoonheid en eksklusiwiteit noop jou om te ontspan en rustig weg te breek saam met 'n groot groep familie of vriende. Die Guinevere Gasteplaas bied luukse selfsorg-akkommodasie in Tulbagh net 1½ se ry van Kaapstad af.

Guinevere Guest Farm is op 95 hektaar privaat grond geleë en dis 'n absolute juweel wanneer dit kom by natuurlike, Kaapse plantegroei siende dat 'n groot gedeelte onder renosterveld en fynbos toegegroei is. Daar is ook 'n klein, privaat wingerd met 'n boetiek-wynkelder, 'n olyfboord en 'n granaatboord. Groot groepe vriende of familie kan eksklusiewe gebruik van die hele gastehuis en plaas geniet. Die privaat groep-akkommodasie en -venue is beskikbaar vir enige tipe geleentheid. Daar is 'n magdom veldblomme en voëls om die natuurliefhebbers gelukkig te hou met heelwat voetpaadjies en fietsroetes wat die plaas deurkruis sowel as 'n dam met 'n jetty vir waterpret in die somer.

Die hele plaashuis moet bespreek word op selfsorgbasis vir enige privaat groepgeleenthede. Die gastehuis bied slaapplek vir tot 36 mense in 9 individuele en gerieflike kamers en 1 basiese solderkamer. Al 9 ruim, luukse slaapkamers het en suite-badkamers en 'n privaat balkon met 'n tafel en stoele. Die slaapkamers is ruim met houtafwerkings en antieke meubels en oorspronklike kuns en hulle is almal op die tweede vloer geleë.

Op die onderste vloer is daar 'n goed toegeruste kombuis vir groot etes voorberei met meer as een werksoppervlak. Verder is daar 'n knus sitkamer met 'n kaggel en 'n TV, 'n groot eetkamerarea met sitplek en tafels vir 32 mense, nog 'n groot kaggel en sitkamer, 'n binnehof met dagbeddens op swaaie, badkamers en 'n aparte binnehofkamer met 'n kaggel, badkamer en kombuisie.

Geriewe op die boonste vloer sluit in 'n vermaakarea met 'n kroeg, 'n pooltafel, 'n platskerm-TV met DStv, 'n swembad buite met dagbeddens en 'n braaiplek. Al die ruim, luukse en suite-kamers het gerieflike slaapplek, 'n lessenaar met 'n lamp en 'n TV met 'n DVD-speler. Gratis WiFi regdeur die huis.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Guinevere Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za