Gum Tree Glen

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gum Tree Glen is 2 selfsorg-eenhede in KwaZulu-Natal se pragtige Middellande, net 'n klipgooi vanaf Curry's Post en 10 minute se ry vanaf Howick met sy pragtige waterval en inkopieplekke. Dié eenheid kyk uit oor die majestueuse Karkloofvallei.

Gum Tree Glen word omring deur plase, bome en lowerryke velde en bied slaapplek op 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank in selfsorg-ateljee. Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, yskas en mikrogolf, en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. Die badkamer het 'n stort. En parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Wrinkly Tin Cottage is 'n bekoorlike huisie van hout en yster met hotelgehaltelinne en beddens, 'n toegeruste kombuis en 'n pragtige uitsig oor die golwende heuwels van die Karkloofvallei. Die kothuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers en het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n slaapbank.

Wild is volop in die omgewing. Kyk uit vir die duikers en ribbokke, hou jou ore oop vir die visarend se kenmerkende roep, en gaan soek die dassies in die nabygeleë woude. Die pragtige Sakabula Gholfbaan met sy 18 putjies is lekker naby en gholfspelers kan gerus ook 'n draai gaan maak by Bosch Hoek Gholfbaan. Altwee gholfbane is puik.

Gum Tree Glen se ligging is puik ten opsigte van al die trou-venues in die omgewing, soos Old Halliwell en Cranford Country Lodge. Bring gerus jou fiets en jou stapskoene saam en verken die Meander. Piggy Wiggly met sy mini-treinritte is ideaal vir gesinne. Maak gerus ook 'n draai by die Zipline en Karkloof Canopy Tours. Gum Tree Glen is net 10 minute vanaf Midmardam.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gum Tree Glen gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za