Gunyatoo Trout Farm and Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die gastehuis se tariewe sluit 'n heerlike vyfgang-aandete en 'n stewige ontbyt in. Die klip- en grasdak-oord is onlangs opgeknap met verskeie eenhede, almal met mooi uitsigte oor die omliggende dennewoude. Die kamers is almal en suite, en het hulle eie stoepe en is ideaal vir "voete-in-die-lug-koffie" vroeg in die oggend. Vir diegene wat belangstel in selfsorg, is daar 'n ten volle toegeruste 2+2 gesinskothuis beskikbaar.

Daar is 'n drieslaapkamerhouthuis met slaapplek vir 6 mense en ons eko-vissermanskothuis wat tot 8 persone kan huisves. Dit bied 'n ongekunstelde selfsorgkeuse. Dit is weggesteek op die rand van die eiendom by die foreldamme en wedrenpaaie, en is ideaal vir uitstappies van groepe hengelaars. Die plaas is 'n werkende forelplaas met 'n verwerkingsarea, teel-area, kweekdam, renbane en natuurlik vir die geesdriftige kunsvlieghengelaar: twee propvol foreldamme. Beperkte rivierhengel is ook vir die meer ervare visserman beskikbaar. Privaat kunsvlieghengellesse en opleiding kan ook op die terrein gereël word.

Na 'n dag se hengel kan 'n mens 'n drankie by die kroeg geniet, of 'n rondte pool of veerpyltjies speel en daarna in die sauna of swembad ontspan. Natuurlik kan 'n mens ook by 'n knetterende houtvuur in die sitkamer warm word as dit koud is. Die gastehuis is ideaal vir 'n kunsvlieghengelvakansie of naweekwegbreek, maar enige natuurliefhebber sal homself in die spreekwoordelike paradys bevind.

Minder aktiewe toeriste kan heerlik op die houtdek sit en die menigte voëls dophou. Die Sabie-omgewing is 'n absolute voëlkykparadys: daar is nie net 'n groot verskeidenheid algemene voëlspesies nie, bedreigde spesies kom ook hier voor. Vir diegene wat 'n bietjie oefening wil inkry is daar plaaspaaie en staproetes na die nabygeleë watervalle en grotte. Kleiteikenskiet kan ook gereël word.

Vierwielmotorfietstoere, perdry, kloofswaai, vlotte en baie ander doendinge is beskikbaar.

Die inboorlingwoord vir "huis" is "Gunya". Ons filosofie en verbintenis tot ons gaste is dus ingebed in die naam van ons onderneming: "Ons huis is jou huis." Kom bly 'n rukkie by ons en dit kan ook jou Gunya wees!

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gunyatoo Trout Farm And Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 360 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za