Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gypsea Daze

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oyster-rylaan 17, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Gypsea Daze is 'n gerieflike, moderne selfsorghuis met 'n uitsig oor die see en riviermond in die stil dorp, Pennington. Pennington se hoofstrand en tweede strand is 'n kort entjie se stap of ry ver en daar is 'n getypoel by die hoofstrand vir kinders.

Gypsea Daze bied verblyf aan 8 volwassenes en 1 kind. Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, 4 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Hier is ook 'n aparte kothuis met 'n kombuisie en leefarea.

Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en dubbelwasbakke. Die kamer het ook 'n see-uitsig en skuifdeure wat na die voortuin lei. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed vir 'n kind en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en dubbelwasbakke. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Daar is 'n ekstra gesinsbadkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, 'n kookplaat, oond, mikrogolfoond en 'n aparte opwasarea met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. In die eetarea is 'n etenstafel vir 8 en 'n vensterbank. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Daar is stapeldeure wat na 'n dek met 'n swembad en onderdaksitarea lei.

'n Omsetter is beskikbaar tydens beurtkrag en dit hou sowat 3 ure afhangend van gaste se gebruik daarvan. Daar is ook 'n watertenk in die geval van 'n watertekort.

Die aparte kothuis het 'n privaat ingang en 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie in die kothuis is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en broodrooster toegerus en die sitarea het 'n TV en WiFi. Daar is nie 'n omsetter nie.

Daar is Clearvu-heinings rondom die perseel, asook elektriese heinings en 'n alarmstelsel. Een parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar en daar is ekstra parkeerplek in die oprit vir 3 voertuie.

Die huis is naby 'n winkeltjie en 'n drankwinkel.

Slaapplek

’n Bespreking by Gypsea Daze sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed Kinderbed vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbed vir 1
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Gypsea Daze
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Jaar gelys 1

Ligging

  • Oyster-rylaan 17, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Gypsea Daze het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oyster-rylaan 17, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc465cc695659ea2208a04a9fdee7e2037b0c6b9b758138f23e8aee656ec8d0d4eaa4a64866c599b86de427408d7b184f091f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 17 Oyster Drive Pennington 4184 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -30.376178224519 30.699963473086
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem