Haggards on Hilldrop

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Haggards on Hilldrop is aan die buitewyke van Newcastle teen die voorheuwels die Hilldrop Rocky Range geleë. Die oorspronklike plaashuis van Heer Rider Haggard, outeur van "King Solomon's Mines”, is in 1875 gebou en is die fokuspunt van dié B&B. Haggards on Hilldrop spog met 'n bekoorlike atmosfeer, interieur wat jou na binne lok en 'n manjifieke tuin waar al die kamers skuil.

Haggards on Hilldrop bied 29 luukse kamers wat elk toegerus is met 'n waaier, hangkas, elektroniese kluis, lugversorging, en suite-badkamer, tafel, perkalbedlinne, dubbel-, koninggrootte- of 2-enkelbeddens, privaat ingange of balkonne en TV's met DStv.

Geriewe wat beskikbaar is aan gaste sluit 'n karwasdiens, WiFi, wasgoeddiens op versoek, 'n eerlikheidskroegie, 'n pooltafel, veilige parkeerplek vir al die kamers en elektroniese ingang na die perseel vir ekstra veiligheid.

By Haggards on Hilldrop is elke reisiger so tuis soos by hulle eie huis. Dit is ideaal geleë tussen Gauteng, Durban, die Krugerwildtuin en die Drakensberge.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Haggards On Hilldrop gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za