Hakuna Matata

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Hakuna Matata is 'n selfsorgvakansiehuis en is ideaal vir 'n gesin of 'n groep wat op soek is na verblyf in Marloth Park. Dié vakansiehuis is net 200 m van die Krokodilrivier af wat die grens tussen die Krugerwildtuin en Marloth Park vorm. As jy gelukkig is, sal jy die Groot 5 aan die wildtuin se kant van die rivier gewaar.
Die Krugerwildtuin se ingang is net 'n 20 minute rit weg.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die huis het 'n groot leefarea met 'n plafonwaaier en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt (bring gerus jou eie dekodeerder en slimkaart saam). Daar is 'n kroegarea met kroegstoele. Die leefarea lei via skuifdeure na 'n groot houtdek met piekniekbankies en 'n Weber-braai. Die dek bied 'n uitsig oor die huis se visdammetjie waar die wild hul dors kom les. Verder is daar ook 'n groot ingeboude braaiplek langs die lieflike swembadjie.

Gaste kan die wild wat vrylik rondloop tussen die huis aanskou, insluitend koedoes, vlakvarke, kameelperde, impalas en sebras. Marloth Park bied geriewe soos 'n slaghuis, kuriowinkel en 'n drankwinkel.

Slaapplek

'n Bespreking by Hakuna Matata sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 8 persone
1 x Dubbelbed
3 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hakuna Matata gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 990 R2 691 per nag (vir 10 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]