Hakusembe River Campsite
- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkurukuru-weg, B8 (ou C45) op die oewer van die Okavango-rivier, Rundu, 0000, Kavango Wes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R574 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hakusembe River Campsite is 'n idilliese bestemming op die suidelike oewer van die Okavango-rivier met 'n uitsig oor Angola. Dié kampeerterrein word deur plantegroei omring en is in Caprivi geleë.
Daar is 4 kampeerplekke op die gras in die skaduwee onder bome. Elke kampeerplek het 'n kragpunt en braaigeriewe en het toegang tot privaat ablusiegeriewe en opwasareas. Kampeerders is welkom om die lodge se geriewe te gebruik en het toegang tot gratis WiFi in openbare areas.
Die lodge bied 'n rustige omgewing en die geleentheid om in die swembad af te koel of 'n drankie by die kroeg te geniet. Die restaurant bied cordon bleu-styl etes en daar is 'n jetty vir bote en vir gaste om te ontspan.
Doendinge by die lodge sluit in: 'n pragtige ontbytbootvaart, visvang- en voëlkykuitstappies. Dié doendinge is onderhewig aan beskikbaarheid. Gaste kan hul dag met 'n skemerrit en aandete onder die sterre afsluit. Alle wateraktiwiteite is onderhewig aan die watervlakke. Die veiligheid van gaste en die spandlede bly 'n prioriteit.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Restaurant op Perseel
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 75
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Nkurukuru-weg, B8 (ou C45) op die oewer van die Okavango-rivier, Rundu, 0000, Kavango Wes
Sien meer verblyf in Kavango Wes Namibië
- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkurukuru-weg, B8 (ou C45) op die oewer van die Okavango-rivier, Rundu, 0000, Kavango Wes
- Alle ouderdomme is welkom