Hamilton Garden Suites

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hamilton Garden Suites is elegant, gesofistikeerd, en bied gerieflike verblyf naby die middestad en die omliggende besienswaardighede.

Daar is 2 tuin-suites wat elkeen slaapplek vir 5 gaste het. Elke suite het 'n privaat ingang. Kinders 7 jaar en ouer is welkom. Albei suites het patio's en stoepmeubels.

Garden Suite 1 is 'n groot en suite-slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n instapstort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die kamer bied toegang tot 'n binnehoffie met 'n omheinde tuin en ekstra sitplek om soel aande buite te geniet. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond en 'n ketel met koffie- en teemaakgeriewe. Tuisgemaakte beskuit en vars melk is in alle kamers beskikbaar. Rook is verbode in die kamers.

Garden Suite 2 het 2 oopplan-kamers. Daar is 'n dubbelbed in die een en 'n driekwartbed in die ander een wat perfek is vir 'n kind of ekstra volwassene. Die gemeenskaplike badkamer het 'n bad, handstort, wasbak en toilet. Die kamer bied toegang tot 'n binnehof en 'n omheinde tuin met ekstra sitplek om soel aande te geniet. Daar is 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n ketel met koffie- en teemaakgeriewe. Tuisgemaakte beskuit en vars melk is in alle kamers beskikbaar. Rook is verbode in die kamers.

Hamilton Garden Suites is gerieflik geleë in Parklands, net noord van Tableview en slegs 10 minute vanaf die strand. Die huis bied vinnige en maklike toegang tot die Bloubergstrandfront en die nuwe Tafelbaai Mall. Dit is ook die ideale vertrekpunt om die Weskus en Wynlande te verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hamilton Garden Suites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za