Hannett's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 14 Desember 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Hannett's Place is bekend vir sy weelderige, tropiese tuine en die asemrowende see-uitsigte. Gaste kan selfs sien hoe bote geanker staan en wag om Durban se hawe in te vaar en hoe dolfyne in die baai baljaar. In seisoen is walvisse wat migreer Mosambiek toe ook te sien.

Selfs met 'n skemerkelkie in die hand vanuit jou eie Jacuzzi, is dié uitsigte moontlik.

Hierdie selfsorgwoonstel is die ideale keuse wanneer jy op soek is na eksklusiwiteit en 'n goeie nagrus, maar ook smag na die aksie van die Dolfynkus.

Dit is 'n redelike rolstoelvriendelike, selfsorg-eenheid op die grondvloer wat slaapplek vir 6 gaste het.

Die eenheid beskik oor 2 stylvolle slaapkamers en 2 badkamers (1 en suite). Daar is voldoende, veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie met 'n sleepwa. Die parkeerplek is slegs 'n paar treë van jou eie ingang af.

Danksy die feit dat daar 'n binne- én buitebraai-area is kan jy enige tyd braai, ongeag van die weerstoestande.

Daar is vol DStv, so jy hoef nie jou dekodeerder of slimkaart saam te bring nie.

Hannett's Place is 'n gerieflike stappie van die strand af.

King Shaka Lughawe is slegs 15,3 km weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Hannett's Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hannett's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 R805 per nag (plek vir 6)

Kry 30% af vir verblyf voor 14 Desember 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za