Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hannah Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 123 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R555 Ou Burgersfortpad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hannah Game Lodge, "Geskenk van God", weerspieël die volmaaktheid van Afrika soos dit deur God geskape is. Gaste kan hier in die hartjie van die bosveld hul vlerke kom sprei en inspirasie kom put.

Die lodge skuil tussen die Drakensberg-platorand se heuwels. Dis 'n pragtige privaat wildlodge wat oor 8000 ha malariavrye bosveld strek. Afrika se klanke, geure en kleure bekoor menige besoeker, veral wanneer die son met dagbreek die vallei in pienk, rooi en oranje skakerings tooi.

Verblyf word gebied in 56 verhewe standaard en suite-kamers met privaat stoepe wat uitsigte oor die reservaat bied. 14 van die eenhede het skakeldeure om 7 gesinseenhede te vorm. Die lodge bied ook 4 luukse suites, én 4 ultra luukse suites.

Al die kamers word daagliks skoongemaak en handdoeke en linne word geruil. Daar is koffie- en teemaakgeriewe in al die eenhede sodat gaste soggens met 'n koppie boeretroos op die stoep kan sit en die bosveldson kan groet.

Die 8000 ha bosveld se vlaktes, heuwels en berge skep 'n tuiste aan 'n ryk verskeidenheid plante, diere en voëls. Buiten buffels en luiperds is daar ook 17 bokspesies, onder andere hartebeeste, gemsbokke, rooiribbokke, springbokke en elande.

Die wildlodge spog ook met 'n suksesvolle teëlprojek vir swartwitpense wat gaste saam met gidse kan besoek. Wildritte soggens en smiddae bied oorgenoeg geleentheid om die natuurlewe te aanskou en foto's te neem.

Die aantal voëlspesies op die reservaat word op meer as 250 beraam en op sommige dae mag gaste selfs die statige sekretarisvoël in die gras sien rondstap.

Hannah Game Lodge is naby die dorpie Ohrigstad op die grens van Limpopo en Mpumalanga. Dit is op die wêreldbekende Panoramaroete, 'n ideale ligging vir diegene wat die Laeveld wil verken. Van die besienswaardighede op dié roete sluit Voortrekkergrafte, God's Window, Pelgrimsrus, Drie Rondawels, Bourke's Luck Potholes, Blyderivier Canyon, The Pinnacle, Robertspas, Mac Mac-poele, Bridal-waterval, Lisbon-waterval en veel meer in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Hannah Game Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Terrence Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 5

Ligging

  • R555 Ou Burgersfortpad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
  • Gaste dink Hannah Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 123 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R555 Ou Burgersfortpad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe77b51c6e457c18bb0031933c13c64ba35cb53e37a43756119aef27cf6920279d4a45677724fb2724e63ddaced932299bf7e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 R555 Old Burgersfot Road Ohrigstad 1122 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.732047506546 30.462523435582
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem