Hartenbos Akkommodasie by Hartenbos Landgoed 7 | LekkeSlaap
+25

Hartenbos Landgoed 7

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartenbos Landgoed , Eenheid 7, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 060 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Hartenbos Landgoed 7 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis in Hartenbos met 24 uur-sekuriteit. Dit is die ideale verblyf-opsie vir groepe, vriende of gesinne. Ons laat ongelukkig nie matrieks of stduentegroepe toe nie.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die hoofslaapkamer is op die grondvloer en beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed wat oor die fynbos en sandduine uitkyk. Die derde slaapkamer is ook op die boonste verdieping en het 2 driekwartbeddens. Albei slaapkamers op die boonste verdieping deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n elektriese glasbladstoof en oond, braaipan en 'n skottelgoedwasser. In die aangrensende waskamer is daar 'n wasmasjien, tuimeldroër, 'n droograk en strykgeriewe.

Die sitkamer is ingerig met 'n TV, 'n DStv Premium-pakket en 'n DVD-speler. Die kombuis lei na 'n oopplan-braaiplek in die huis met 'n aparte elektriese oond. Hierdie area het 'n groot aluminium-voudeur wat na die patio oopmaak. Weeklikse skoonmaakdienste sal jou van vars linne en handdoeke voorsien. Die landgoed is omring met duine wat met welige plantegroei bedek is. Daar is ook 24 uur-toegangbeheer en gaste se veiligheid word verseker. Verder beskik die landgoed ook oor 'n gemeenskaplike swembad, 2 trampoliens en klimrame vir die kinders. Die strand is lekker naby geleë en binne loopafstand van die landgoed.

Slaapplek

’n Bespreking by Hartenbos Landgoed 7 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 34 resensies vir Hartenbos Landgoed 7
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Hartenbos Landgoed , Eenheid 7, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hartenbos Landgoed 7 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 060
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 060
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartenbos Landgoed , Eenheid 7, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIyNWE2NjI3LWRlY2UtNGRmMC05OTVlLTgxNTk2MzczMzZjOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 060  per nag (vir 6 persone) 34 5 1 5 Hartenbos Landgoed Unit Number 7 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.112113468601 22.116941169312
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za