Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Haus Windhoek

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 115, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Haus Windhoek is 'n selfsorg-vakansiehuis in die pragtige kusdorpie Struisbaai. Dis naby winkels, strande en restaurante en 400 m vanaf die hawe. Dis net 'n entjie se ry vanaf Kaap L'Agulhas - die mees suidelike punt van Afrika. Gaste kan ook daguitstappies na Arniston geniet.

Die huis is ideaal vir groot gesinne of groepe vriende, met slaapplek vir 9 gaste. Verblyf beskik oor 'n drieslaapkamerhuis en 'n tweeslaapkamerwoonstelletjie.

Die eerste slaapkamer in die huis het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die gaste in dié 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, en 'n aparte toilet. Die eerste slaapkamer in die woonstelletjie het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n aparte toilet en 'n stort. Gaste moet hulle eie handdoeke saambring, maar beddegoed is ingesluit.

Die kombuis, eetarea en leefarea in die huis is oopplan. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Daar is ook WiFi.

Daar is 'n privaat binnehof met ingeboude braaigeriewe en 'n piekniekbankie vir 8 buite. Die huis het ook 'n groot tuin met baie parkeerplek en 'n enkelmotorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Haus Windhoek sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.2/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 6

Jaar gelys 4

Ligging

  • Hoofweg 115, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 115, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAB2DOyM2AQDGKC7XuNFGj1Qr23FZUc2LxXenRb6aXQYNM5DkWbV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag (plek vir 9) 115 Hoofweg Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.804541204751 20.057427472387
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem