Hazel House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hazel House is in die dorpie, Witrivier geleë, net 20 km van Nelspruit af.

Dié huis het 2 aparte selfsorg-eenhede op dieselfde perseel. Hazel House bied 4 slaapkamers met dubbelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede badkamer word gedeel en is met 'n bad en 'n stort ingerig. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n stoof, 'n mikrogolfoond en 'n oond. Topaz Over Night het 3 slaapkamers wat elkeen met 'n dubbelbed ingerig is. Die kamers deel 'n badkamer wat met 'n stort ingerig is. Gaste moet asb. hul eie handdoeke en toiletware saambring. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof.

Ekstra geriewe sluit 'n braai-area, pizza-oond, swembad en parkeerplek op die perseel in.

Daar is verskeie doendinge in die omgewing, soos swem, wildritte, gholf, voetslaan en visvang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hazel House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za