Hebron Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hebron Estate is 'n stukkie hemel op aarde. Dit is in die Piketbergreeks versteek in 'n omgewing beter bekend as Piket-Bo-Berg. Die plaas is ongeveer 23 km van die dorpie Piketberg af, en die plantegroei hier bestaan meestal uit Kaapse Fynbos. Die plaas spog ook met 'n olyfboord en medisinale plant-plantasies.

Verblyf word aangebied in 3 volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Die herehuis en C het elkeen 2 kamers en slaapplek vir 5 mense. Die kothuis het 'n en suite-slaapkamer met slaapplek vir 2. The Oaks is 'n oopplan-eenheid met slaapplek vir 5.

Die plaas spog met 'n saal met 'n goed toegeruste kombuis en ablusiegeriewe wat ideaal is vir funksies soos troues, verjaarsdagpartytjies of spanbou-geleenthede.

Die eenhede word omring deur pragtige tuine, golwende grasperke en enorme eikebome. Daar is ook 'n swembad onder 'n groot eikeboom met 'n moderne houtdek waar gaste kan ontspan en swem. Gaste is ook welkom om die talle voetslaanroetes en bergfietsroetes te verken, of te gaan visvang in die groot dam. Hebron Estate is troeteldiervriendelik.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hebron Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za